Vertaal/Translate/Select your language

Vinaora Visitors Counter

662812
Vandaag
Gisteren
Deze week
Vorige week
Deze maand
Vorige maand
Alles
56
376
1625
204297
9424
15606
662812

Your IP: 18.234.51.17
2019-05-23 02:05

Portret van Joost Heystek: 1923-2013

 

Joost Heystek is vernoem na sy oupa wat in 1862 met SA stamvader Jan Heistek (Heijstek / Heystek) uit Nederland na Suid-Afrika gekom het. Joost is 'n seun van die in Suid-Afrika gebore Pieter Hendrik Heystek (1889-1962) en is van die derde generasie "Heystekke" in SA. Die laaste jare van sy lewe woon  Joost in die Montana Sorgsentrum. In die tydskrif Die Montana Anker is oor hom geskryf.

 

 

Met tassie en fiets

Ïn 1941 het Joost Heystek met ‘n tassie waarin sy klere was en sy fiets met die trein in Pretoria aangekom. Hy het in Mountain View by sy suster thuisgegaan en begin werk soek. Na ‘n maand het hy by Yskor werk gekry waar hy 42 jaar lank gewerk het. Pretoria is inderdaad baie ver vanwaar sy voorgeslag vandaan kom. Die eerste Joost Heystek het met sy pa Jan Heistek van Brabant op die grens van Holland en België na die Suiderland gekom. Jan was die vader van ‘n paar seuns. Al die Heysteks stam van hulle af.

 

Joost is die oudste seun van vyf kinders – twee susters ouer as hy en twee jonger broers.

Emmerentia Margaretha Heystek (Marx)

Gebore: 18-05-1916; oorlede 17-7-2004

 

Theunsina Christina Wilhelmina Engela Heystek (Van Staden)

Gebore: 24-04-1913; oorlede: 01-06-1991

 

Phillippus Jacobus Heystek

Gebore: 01-04-1926; oorlede: 31-07-2015

 

Pieter Hendrik Heystek

Gebore: 17-06-1930

 

Hulle woon op die plaas Koppie-Alleen en gaan skool op Alma, ’n klein plekkie in die verre Noord-Transvaal. Daar was net ‘n winkel, ‘n petrolpomp en die skool en koshuis.

 

 

Ontmoet Johanna Adriana Coetzee: 1919-2002

Die bure van Joost se suster by wie hy in Mountain View gebly het, was Coetzee’s. Só ontmoet hy die aanvallige Johanna.

 

Hulle is in dieselfde kerk se Jongeliedenvereniging. Johanna is ‘n onderwyseres wat in Heidelberg opgelei is. Haar pa was ‘n tabakboer in die Brits-omgewing. Die egpaar is in 1948 (In Pretoria) getroud en het vir 18 jaar in Rietfontein, Pretoria gewoon.

Hulle drie kinders – Rolien (14 Julie 1949-2013), Pieter (6 Desember 1955-) en Fanus (16 Desember 1957-) is daar gebore.

 

Toe hulle Sinoville getrek het – vandaag Knysalaan- moes die seuns help om die klippe weg te ry. Pa hou die kruiwage stewig vas en die seuns trek voor om plek te maak vir boom en blom. Ouma Annie Heystek was nie beïndruk met die reeling nie en het haar seun verwyt dat hy van die kinders ‘trekdiere’ maak!

 

Die kinders het die grootste agting en respek vir hulle pa. “Ons pa was vir bykand dertig jaar ‘n skofwerker. Nagskof, dagskof. Altyd uiterste klimaattoestande. Ysters word gerol en bewerk. Hitte wat veroorsaak dat winter ook somer was, maar met blymoedigheid het hy sy dagroeping vervul en sy voorbeeld was ‘n bruikbare lewensles.”

 

Nog ‘n lewensles wat die kinders van hulle pa geleer het, is dat jy nie vir ander mense moeite maak nie. Hierdie les het hulle op Bosberg, die skaapplaas van hulle ma se suster. Luilekkerdae van bergklim en trekker bestuur. Dan word dit aand, net kerse en lampe en net die warm water wat in die ‘donkie’ was. Beslis nie genoeg vir al die gaste nie. Die kinders is in die krip se yskoue water geskrop. Bloedrooi velletjes. Die lewensles? Jy maak nie moeite nie.

 

Afgetree

Na sy aftrede is hulle vir ‘n paar jaar Reddersburg toe, het ook in Parys (Vrijstaat, SA) gewoon en is toe na die aftree-oord by Drie Riviere, Vereeniging. Daarvandaan het hulle na Montana Aftree-Oord getrek. Na vier gelukkige jare hier is Johanna onverwags oorlede. Die egpaar was 54 jaar getroud.

 

Tot sy sterwe (Pretoria 24-2-2013) het my vader in Montamed gewoon. Daar besoek hy sy baie vriende in die oord. Hy is dankbaar vir die goeie lewe waarmee die HERE hom geseën het en is baie trots op sy kinders, kleinkinders en vyf agterkleinkinders.

 

 

 

 
 

Plaats reactie


Beveiligingscode
Vernieuwen